153 Bediening is passievol om mense (kinders, adolessente, volwassenes) te help om hulle genesing, bevryding en herstel in Jesus Christus te ontvang.
Net soos ‘n akkerneut vrugbare grond benodig om sy potensiaal as ‘n akkerboom te bereik, is die vaardighede van die Berader om die kliënt te ondersteun deur ‘n veilige, vertroulike en nie-veroordelende omgewing te skep, sodat die kliënt hom of haarself kan wees. Waar traumatiese gebeure, emosionele en fisiese seer en teleurstellings hanteer en versorg kan word.
Ons is nie ‘n gelisensieerde Sielkundiges of Psigiaters nie. Ons bied eenvoudig Pastorale Berading en Terapie aan op die Woord van God. Ons sessies word gelei deur die Heilige Gees, want Hy is die Raadsman, Helper, Trooster – die Gees van die Waarheid (Johannes 14:16; Johannes 14:26; Johannes 15:26; Johannes 16:13).