Indien u nie kan saamgaan nie, kan u nog steed uitreik!
As u nie kan saamgaan op een van die uitreike nie, kan u nog steeds op ‘n baie spesiale manier deel vorm van ‘n uitreik deur u ondersteuning en hulpmiddele te verskaf. Hier is ‘n paar maniere waarop u kan help:
* Bid vir die leierskap en spanlede van die betrokke uitreik, asook die mense van die are waarheen uitgereik word.
* Maak dit vir iemand anders moontlik om so ‘n uitreik mee te maak deur ‘n finansiële bydrae te maak.
* U kan ook ‘n finansiële bydrae maak vir die uitreike.
* U kan ook voorsien in alledaagse benodighede wat gebruik kan word op so ‘n uitreik (U bydrae kan by die kerkkantoor afgegee word, duie die uitreik se naam aan).